Medipost-apteek en MediLogstics
Mediavrystelling
Covid-19 stop nie medisyne aflewerings nie
Medisyne, veral chroniese medisyne, is ‘n reddingsboei vir ‘n beduidende deel van die Suid-Afrikaanse
bevolking. Die Covid-19-uitbraak het pertinente vrae laat ontstaan oor diegene wat sosiale distansiëring
toepas, en hoe hulle kan voortgaan om toegang tot hul medisyne te verkry terwyl hulle onnodige kontak
met ander mense vermy. Gelukkig bied Medipost-apteek met sy logistieke kundigheid, praktiese
voorsorgmaatreëls om die aflewering van medisyne veilig en ononderbroke moontlik te maak vir diegene
wat verkies om toue in die apteek te vermy.
“Die meeste Medipost-apteekpasiënte het altyd hul chroniese medisyne ontvang sonder om ‘n voet
binne ‘n apteek te sit. Met die onlangse beroep op mense om noue kontak met ander te vermy om die
verspreiding van Covid-19-infeksies te voorkom, maak hierdie manier om medisyne te kry vir diegene
wat dit nodig het, meer sin as ooit, ”sê Louis Scheepers, uitvoerende hoof van Medipost-apteek.
“As die grootste nasionale koerierapteek in Suid-Afrika, het ons soliede gebeurlikheidsplanne en
voorsorgmaatreëls geïmplementeer sodat pasiënte en gesondheidsorgverskaffers aan wie ons dienste
lewer, op ons kan vertrou tydens die Covid-19-pandemie.”
“Baie ouer mense sowel as ander wat meer kwesbaar kan wees vir meer ernstige komplikasies van
Covid-19, asook al hoe meer lede van die breër publiek, is besorg daaroor om openbare plekke en apteke
te besoek en pas self-isolasie of sosiale distansiëring toe om hul risiko vir infeksie te verminder.
“Ons boodskap aan dié mense is dat ons gereed is om hul medikasie en gesondheidsverwante produkte
te lewer, in ooreenstemming met streng higiëniese maatreëls om besmetting te voorkom vir die
veiligheid van alle betrokkenes.”
Medipost-apteek verskaf tans maandeliks ongeveer 400 000 lede van mediese skemas met medisyne
wat afgelewer word by die pasiënt se adres van keuse, óf dit word vir die pasiënt by ‘n goedgekeurde
afhaalpunt besorg. Dit sluit onkologie medikasie en ander belangrike farmaseutiese voorraad aan
gesondheidsorgverskaffers in.
“In die lig van die risiko van besmetting wat met Covid-19 verband hou, het ons higiëniese
voorsorgmaatreëls versterk om te verseker dat aflewerings met nog meer sorg as gewoonlik hanteer
word. Behalwe die noukeurige voorsorgmaatreëls vir higiëne wat standaard in die voorbereiding en
hantering van medisynepakkies is, is afleweringspersoneel nou ook toegerus met gesigmaskers en
sanitiseerder wat oor ‘n minimum van 70% alkoholbasis beskik. ”
Verder werk hulle onder streng instruksie om hul hande en produkte wat in die afleweringsproses
gebruik word noukeurig te sanitiseer, voor en na elke aflewering terwyl voertuie gereeld skoongemaak
en ontsmet word. Handreinigers moet ook binne voertuie gehou word om die risiko van besmetting te
verminder, en kontak met pasiënte en hul huishoudings word tot ‘n absolute minimum beperk.
“Wat die voortgesette beskikbaarheid van medisyne en ander voorrade betref, het ons voortdurend
kontak met vervaardigers en verskaffers. Almal het ons die versekering gegee dat hulle oor genoeg
voorraad beskik en geen tekorte word voorspel nie, maar ons hou natuurlik die ontwikkelende situasie
fyn dop,” voeg Scheepers by.
As ‘n bykomende voorsorgmaatreël maak Medipost-apteek gebruik van MediLogistics, die maatskappy
se interne koerierdiens wat in 2012 gestig is. Hoewel daar tans geen vereistes is dat koerierdienste wat medisyne hanteer, by die regulerende owerhede geregistreer moet wees nie, volg MediLogistics reeds
die beginsels van Goeie Apteekpraktyk met die aflewering van medisyne met addisionele
veiligheidsmaatreëls wat ingestel is om Covid-19-infeksies te voorkom.
Uitvoerende hoof van die Medipost Holdings groep, Noel Guliwe, sê die organisasie het wyd voorberei
ten opsigte van voorsorgmaatreëls vir higiëne en strategieë vir die voorkoming van infeksie.
“Daarbenewens het ons verskeie scenario-gebaseerde planne opgestel om te verseker dat ons kan
voortgaan om aan jou behoeftes te voorsien wanneer jy ons die nodigste het,” sê hy.
“Hierdie voortgesette sorg verseker die deurlopende nakoming van spesifieke medisyne riglyne vir
sekere siektetoestande, en dien as ‘n ingeboude gebeurlikheidsplan indien daar enige onvoorsiene
onderbreking van afleweringsdienste deur derde partye sou plaasvind,” voeg Guliwe by.
Party Medipost-apteekpasiënte ontvang hul chroniese medisyne by afhaalpunte by hul dokter se praktyk
en daar word ook by hierdie fasiliteite sanitiseerder met 70+% alkohol gebruik om die risiko van
besmetting te verminder. Daarbenewens word sosiale distansiëring so ver as moontlik toegepas.
Medisyne-afhaalpunte by dokterspraktyke is ‘n belangrike diens om toegang tot chroniese medisyne en
riglyne wat chroniese medisyne ondersteun te verseker. Dit is veral van uiterste belang in gebiede waar
beperkte gesondheidsorgdienste beskikbaar is, wat veral in die lig van Covid-19 kritiek word, aangesien
pasiënte hul voorskrifmedisyne met gemak op die perseel kan afhaal. Streng vertroulikheidsmaatreëls,
insluitend die feit dat daar geen aanduiding van die pakkie-inhoud op die eksterne verpakking is nie,
verseker dat die pasiënt se privaatheid beskerm word.
Afgesien van die reseptering van voorskrifmedisyne, bied Medipost-apteek ook self-medikasie, stomaen urologiesetoestelle, sowel as inkontinesiesorgprodukte aan.
Medipost-apteek het dit nou makliker as ooit gemaak om self-medikasie en enige ander maandelikse
medikasie vanuit die privaatheid van jou eie huis te bestel. Besoek eenvoudig
https://shop.medipost.co.za/, registreer ‘n profiel en maak gebruik van hierdie verbruikersvriendelike
diens.
“Hierdie addisionele maatstawwe verseker gemoedsrus vir beide gesondheidsorgpraktisyns en pasiente
terwyl ons hierdie nuwe globale gesondheidsuitdaging aanpak. Ons is gereed om aan te hou doen wat
ons die beste doen en ons diens aan te pas om te verseker dat ons dit so maklik as moontlik vir jou maak
om jou medisyne en gesondsheidsprodukte so gerieflik as moontlik te bekom,” sluit Scheepers af.
Uitgereik deur: Martina Nicholson Associates namens Medipost
Kontak: Martina Nicholson, Meggan Saville of Estene Lotriet-Vorster
Telefoon: 011 469 3016
E-pos: martina@mnapr.co.za, meggan@mnapr.co.za of estene@mnapr.co.za